Werwing
Dissipelskap deur Ontwikkeling
Werwing van Personeel
Bet-El Bybel Instituut wil graag hoor van vrywilligers (diens sonder vergoeding) wat wil of kan dien as personeellede van hierdie bediening. Van tyd tot tyd stel ons ook voltydse personeel aan. Indien u by ons aansluit, sal u deel word van ‘n dinamiese en strategiese bediening wat ten doel het om gelowiges te ontwikkel tot volle dissipelskap in die Here Jesus Christus. Op hierdie wyse help ons in die bereiking van die wêreld vir ons God.
Vereistes
‘n Gelowige, wedergeboorte Christen, ouer as 18 jaar en aktief in ‘n bediening in ‘n plaaslike kerk.
Die onderskrywing en ondertekening van ons Geloofbeginsels en Beginsels van Studie.
Indien u aansoek doen om ‘n permanente pos, moet u ‘n wettige inwoner van Suid-Afrika wees. Ons verskaf nie werkspermitte aan enige van ons personeellede nie.
Bereid om fondse te werf vir die bediening waarby u betrokke raak.
Ons benodig tans die volgende:
Grafiese ontwerpers
Web ontwikkelaars / ontwerpers
Ontwikkelaars van Studiemateriaal
Kursusleiers
Studiementors
Engels / Afrikaans vertalers
Taalvaardiges in Engels en ten minste een van die volgende tale: Xhosa, Suid-Sotha, Noord-Sotho, Zulu
Persone wat beskik oor tyd om in Internet Kafees te dien
Administrasiebeamptes
Bemarkers en Fondswerwers
Ontwikkelaar van Bemarkingsmateriaal
Taalkundige wat beskik oor taalvaardighede asook teologiese kennis
Intersessors en Gebedsvriende
Donateurs en Borge
Eienaars van Internetkafees wat hul bronne vir die bediening wil beskikbaar stel
Indien u belangstel of wil navraag doen oor enige van bogenoemde posisies, kontak ons hier met ‘n kennisgewing oor u belangstelling.
(Alle navrae sal beantwoord word. maar die feit dat enige persone belangstel, ‘n navraag het of aansoek doen waarborg geen aanstelling of aanvaarding deur Bet-El Bybel Instituut nie).
Skakels
Kontak
Fisiese Adres LEDISA Academy Divisie Bet-El Administratiewe Kantoor LEDISA House 48 Vos Straat Heidelberg Gauteng Posadres Postnet Suite 521 Privaatsak H607 Heidelberg 1438 Telefoon Kantoor: 016 - 341 2974 Studentelyn: 071 103 7444 Dekaan: 072 537 5238 Faksimilee 086 564 9968

Kopiereg © 2003-2023. Alle regte voorbehou. Gebruik van webwerf dui op aanvaarding van terme en voorwaardes.
Ontwerp met ❤ deur LEDISA Academy