Akkreditasie
Dissipelskap deur Ontwikkeling
Akkreditasie / Lidmaatskap
Tot en met 2019, was Bet-El Bybel Instituut akkrediteer by die WWAC (World-Wide Accreditation Commission of Christian Educational Institutions). Na publikasie vn nuwe wetgewing deur die Suid-Afrikaanse owerhede, is hierdie akkreditasie egter gestaak en is ons tans as volg akkrediteer en/of registreer as lede-maatskappy:
Onder die vaandel van LEDISA Academy (Pty) Ltd, is Bet-El as divisie registreer by SAQA (South African Qualifications Authority). Ons studieprogramme in Vlakke AA en E is volwaardige, teologiese opleidingsprogramme wat goedgekeur is deur die QCTO (Quality Council for Trades & Occupations), registrasie nommer 101571 wat bekend staan as opleiding vir Christelike, Godsdienstige Praktisyns (Minister of Religion). Vlak E is ‘n volledige beroepskwalifikasie wat insluit teoretiese, praktiese en beroepsopleiding, waar Vlak AA deel-kwalifikasies is wat aanleiding gee tot vol krediete vir Vlak E studies. Meer inligting oor ons Studieprogramme hieronder.
As opleidingsinstansie akkrediteer deur SAQA, is ons onderhewig aan gereelde ouditbesoeke van die opleidingsowerhede en is ons kwaliteitsbeheer-sisteme goedgekeur deur SAQA. Ons is verder akkrediteer en goedgekeur deur verskeie SETA’s, waaronder ETDP SETA, SERVICES SETA, TETA & HWSETA.
Hierdie kwaliteitsbeheervereistes sluit in:
Die visie, missie en doelstellings van die opvoedkundige inrigting.
Beplanning en prosedures in gebruik
Organisatoriese en bestuurskwaliteite
Studieprogramme en opvoeding
Fakulteite en/of departemente
Studentedienste
Bronne, hetsy virtueel of fisies
Finansiele verantwoordelikheid
Deursigtigheid
Integriteit
Christelike waardes.
Registrasie by die Departement van Hoër Onderwys is ook tans in proses, wat ons toelating sal verleen tot die aanbied van NQF Vlak 7 kwalifikasies, ‘n verdere doelwit.
Ander akkreditasies en registrasies sluit die volgende in:
COMENSA (Coaches & Mentors South Africa, ‘n professionele liggaam waaronder ons huidige Vlak BB studies resorteer).
AACC (American Association for Christian Counseling.
ICCA (International Christian Coaching Association), waaronder ons Christelike Lewensafrigtingsprogramme resorteer.
ACRP (Association of Christian Religious Professionals), ‘n professionale liggaam wat optree as waghond vir teologiese studies in Suid-Afrika, en wat in 2019 aangestel is as “Assessment Quality Partner” van SAQA.
Skakels
Kontak
Fisiese Adres LEDISA Academy Divisie Bet-El Administratiewe Kantoor LEDISA House 48 Vos Straat Heidelberg Gauteng Posadres Postnet Suite 521 Privaatsak H607 Heidelberg 1438 Telefoon Kantoor: 016 - 341 2974 Studentelyn: 071 103 7444 Dekaan: 072 537 5238 Faksimilee 086 564 9968

Kopiereg © 2003-2023. Alle regte voorbehou. Gebruik van webwerf dui op aanvaarding van terme en voorwaardes.
Ontwerp met ❤ deur LEDISA Academy