Sluit aan as intekenaar en ontvang ons gratis nuusbrief, bronne en aanbiedinge
“Want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus so gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.”
Welkom by Bet-El Bybel Instituut
Bet-El Bybel Instituut is ‘n divisie van LEDISA Academy (Pty) Ltd en is ‘n geregistreerde maatskappy kragtens Suid-Afrikaanse wetgewing. As Christelike Opvoedkundige Instansie verskaf ons hoë kwaliteit, praktiese, bekosbare opleiding en is trots Suid-Afrikaans. Verskeie beroepsertifikate, voorgraadse kursusse, asook korter kursusse word aangebied onder mentorskap en begeleiding, asook deur middel van afstandonderrig.
Bet-El Bybel Instituut - Kennisgewingbord
Dynamic Life Coaching in Afrikaans Aangebied
(Open u eie praktyk as Lewensafrigter)
Ons beplan weer ‘n Afrikaaanse aanbieding vanaf Maart 2025 via Zoom.
Indien u belangstel en meer inligting wil bekom, kontak ons deur die onderstaande skakel te aktiveer en die aanlyn vorm te voltooi.
Studiemateriaal

Alle studiemateriaal wat ons verskaf, word aan studente versend op ‘n datastokkie (Memory Stick). Studente ontvang as deel van hul studiemateriaal, ‘n gratis sagteware-pakket met ongeveer 25 programme wat hul kan gebruik om behulpsaam te wees gedurende hul studies. Hierdie sagtewarepakket sluit o.a. in: twee volledige Engels verklarende woordeboeke, drie “mindmap” programme, persoonlike beplanning- sagteware soos taak- skeduleerders en nog vele meer.
Daar is ook heelwat gratis materiaal in ons E-Biblioteek wat beskikbaar is vir aflaai aan enige persoon wat ons webtuiste besoek.
Alle voorgeskrewe materiaal is ingesluit vir studente en geen addisionele voorgeskrewe werke hoef aangekoop te word nie. Die een uitsondering hier is die Sertifikaatkursus in Christelike Berading & Lewensafrigting.
Nadat studente die studiemateriaal ontvang het, word hul begelei deur middel van ons aanlyn studie-sentrum.
Alle selfstudie- opdragte word in die Studie- sentrum aan studente deurgegee en werkopdragte is ook daar beskikbaar vir aflaai en kan weer elektronies ingehandig word.
Wanneer ‘n student kwalifiseer vir die eksamen (buiten ekstene eksamens), word die vraestel voltooi in ons aanlyn Studiesentrum, en ons skeduleer ‘n tydgleuf wat die student pas.
Studieprogramme

Vlak A Studieprogramme
In-Diepte Bybelstudie
Gebed & Genesing
Vlak AA Studieprogramme
Bybelinterpretasie
Bedieningsleierskap
Kerkgeskiedenis
Prediking
Vlak BB Studieprogramme
Christelike Berading & Lewensafrigting (Christian Counselling & Coaching)
Vlak E Studieprogramme
Bedieningspraktyk (Minister of Religion)
Volledige inligting m.b.t ons studieprogramme, ingesluit die koste daarvan, is beskikbaar in die Prospektus onder die skakel “Studenteportaal” in die regterkanste navigasieraam.
U is ook welkom ons te kontak d.m.v die kontakvorm vir verdere inligting.
Gratis Bronne
Gratis bronne wat van tyd tot tyd beskikbaar gestel word, sluit in:
Gratis Bybelstudies
Artikels
Boekresensies
Afslagkoepons
Self-refleksie
Bet-El Bybel Instituut - Studenteportaal

Lewensafrigting in Afrikaans
Ons bied ons internasionaal gewilde “Dynamic Life Coaching” kursus nou deurlopend in Suid-Afrika in Afrikaans aan.
‘n Module om u praktyk te vestig en te bou is hierby ingesluit.
Dit is ‘n video opleidingsprogram wat u in u eie tyd kan voltooi, wanneer en waar u wil.
Kontak ons vir meer inligting indien u belangstel.
Registreer deurlopend gedurende 2025
U kan deurlopend registreer vir ons studieprogramme. Ons het vyf (5) studieblokke wat op die volgende datums begin:
1 Februarie 2025
1 April 2025
1 Junie 2025
1 Augustus 2025
1 Oktober 2025

Kopiereg © 2003-2023. Alle regte voorbehou. Gebruik van webwerf dui op aanvaarding van terme en voorwaardes.
Ontwerp met ❤ deur LEDISA Academy