Gratis Bronne

Dissipelskap deur Ontwikkeling

Gratis Bronne

Ons gratis bronne wat van tyd tot tyd hier beskikbaar gestel sal word, sluit in:

  • Boekresensies wat ‘n gratis boek insluit.

  • Bevestigende self-refleksies.

  • Gratis Bybelstudies.

  • Agtergronde vir u mobiele foon.

  • Insiggewende artikels

  • Afslagkoepons vir kursusse

Hierdie afdeling van ons Webwerf is deurlopend in hersiening en verander gereeld. Besoek ons gereeld om die opdaterings te sien.


Nuutste Boekresensie: Januarie 2024


Tori is ‘n onkologieverpleegster wat haar tragies aan die ontvangkant van borskanker bevind. Die stryd teen die siekte is nog moeiliker as sy haar jong dogter alleen moet grootmaak, en met ‘n hond en ‘n werpsel oulike nuwe hondjies saam in die huishouding.

Maar wanneer een van die klein hondjies na die buurman se tuin wegdwaal, neem Tori se lewe ‘n nuwe wending. Gou ontdek sy die belangrikheid van goeie bure en vriendskap, veral wanneer hulle die aantreklike Jackson in haar lewe bring.

Sal Tori weer liefde, gesondheid en geluk vind?


Tori is an oncology nurse who tragically finds herself on the receiving end of breast cancer. Battling the disease is even harder when she’s raising her young daughter alone, together with their dog, and a litter of cute new puppies.

But when one puppy escapes to the neighbour’s garden, Tori life takes a new turn. Soon, she discovers the importance of good neighbours and friendship. Especially when they bring handsome Jackson into her life.

Will Tori find love, health, and happiness again?

(Laai die gratis boek af deur die illustrasie te aktiveer)


Self-Refleksie: Januarie 2024


Die aanbreek van 'n nuwe jaar is 'n opwindende tyd. Dit is 'n tyd vir besinning en wedergeboorte. 'n Nuwe jaar is rede vir baie vreugde en blydskap!

(Laai die maandelikse self-refleksie af deur die illustrasie te aktiveer)


Gratis Bybelstudies


U is welkom om die gratis bybelstudie af te laai deur die skakel onder die titel “Onderwerp” te aktiveer. ‘n Nuwe Bybelstudie sal maandeliks opgelaai word. Gebruik gerus ons Bybelstudies in u persoonlike stiltetyd of in u kleingroep.

Table
Onderwerp Kern Skrifgedeelte
Taking Thoughts Captive 2 Corinthians 10: 3-5
Ephesians 6: 10-18
Raak Betrokke By Jou Genesing & Transformasie 2 Konings 5: 1-19
Werk saam met God en bereik jou doelwitte Verskeie Skrifgedeeltes
Gaan honde hemel toe? Genesis 1 - 2
Riglyn - Gaan honde hemel toe? Genesis 1 - 2
'n Nuwe kleed vir 'n nuwe jaar Kolossense 3: 1-17
Is jy 'n Gideon? Rigters 6:11 - 8:32
Ambition Philippians 2: 3-11
Moenie jou pyn vermors nie! Verskeie Skrifgedeeltes

Skerm Agtergronde vir u Selfoon


Laai die agtergronde vir u selfoon af deur die illustrasie te aktiveer.


Skerm Agtergronde vir u Selfoon


Hoe om jou gedagtes gevange te neem

Een van die mees lewensveranderende vaardighede wat ‘n mens kan aanleer, is om te leer hoe om jou gedagtes gevange te neem. Dis ‘n baie belangrike vaardigheid wat direk uit God se Woord as opdrag gegee word. Kom ons kyk wat dit beteken om jou gedagtes gevange te neem.

(U kan registreer vir ons gratis 7-Dae ePos Kursus gedurende Februarie deur die skakel hieronder te aktiveer.)


Afslagkoepons vir Kursusse - Januarie 2024


Spesiale Aanbod – Koepon BBILCA/365/3/24

Ons gewilde, internasionaal bekende Dinamiese Lewensafrigtings-kursus word weer in 2024 in Afrikaans aangebied. Hierdie keer is dit ‘n video kursus wat rustig op u eie tyd voltooi kan word:

  • Webinare:VideosVideo opleiding

  • Normale prys – R 11 950.00

  • Spesiale Aanbod – R 8950

  • Aanbod geldig tot en met 15/2/2024